Drie skaakkampioene vir Gauteng Noord met SA Geslote toernooi

 

Ewald Schoeman die o/8 SA kampioen is ‘n leerling van Laerskool Wonderboom. Hy het sy trofee ontvang van die adjunk-minister van Sport Gert Oosthuizen.

 

Die Gauteng-Noord skaakunie spog met drie SA-kampioene na die afloop van die SA Geslote skaaktoernooi wat plaasgevind het van 30 Maart tot 4 April by die Roodevallei hotel langs die Roodeplaatdam. Die beste skaakspelers in elke ouderdomsgroep is van oor regoor die land uitgenooi vir die gesogte toernooi. Wenners en spelers wat binne die top drie eindig word ook dan vir die SA-span gekies wat later vanjaar in Slowenië aan die Wêreldjeug-kampioenskap gaan deelneem.

  Continue reading

Speel-speel slimmer met skaak

Terwyl baie ouers telkens hande in die hare sit oor hulle kinders se swak skoolprestasies, het navorsing reeds etlike jare gelede bewys dat skaak kinders as’t ware slimmer maak.

 In sy boek Skuif na prestasie stel skrywer en bekende skaakafrigter Chris Greyling die voordele van skaak duidelik: “Skaak is een van die kragtigste instrumente om ʼn kind se intellek te versterk. Dit maak nie saak wat die ouderdom van ʼn kind is nie, skaak verbeter konsentrasie, geduld en uithouvermoë,” verduidelik Greyling. Hy reken voorts ook dat dit selfs kreatiwiteit en geheue kan verbeter sowel as die vermoë om te analiseer, moeilike besluite te neem en om probleme op te los.

Continue reading

Watu Kobese wen Waterkloof Ope skaaktoernooi

Die Internasionale Meester Watu Kobese het Waterkloof Ope skaaktoernooi gewen. Hy het die Prestige afdeling gewen wat oor vier dae en sewe rondtes beslis is. Die toernooi is die grootste ope toernooi in Suid-Afrika. Dit het onder die toesig van die Gauteng Noord skaak-unie plaasgevind. Daar was 435 deelnemers wat in die onderskeie afdelings deelgeneem het.
Wenner van die A-afdeling was Daniel Cawdery, die B-afdeling is gewen deur Ruan Du Randt en die C-afdeling was die wenner Franco Schmidt. By die D-afdeling of beginners was die wenner Heinrich Smuts.
Sien al die uitslae.

Kyk na foto’s van die toernooi.

Continue reading

Is pizza sleg vir skaak?

Die afgelope naweek het my drie kinders Cari, Dirkho en Joshua aan die Piet Robbertse skaak-toernooi deelgeneem wat gehou is by die Afrikaanse Hoër Seunsskool in Pretoria. Die is een van die strafste toernooie op die plaaslike kalender. Daar is net ‘n A en B-afdeling. Dit strek oor ses rondtes met 90 minute aan ‘n kant oor drie dae. Net voor die 4de rondte Saterdagmiddag laat besluit die Dykema’s dit is tyd vir ʼn pizza of twee. Die naaste Romans word gesoek en elkeen se gunsteling pizza word bestel.

Continue reading

Skuif na Prestasie!

Skuif na Prestasie. Skaakhandleiding en Skaakreëls vir Skole, Ouers en Leerlinge is ʼn boek  geskryf deur Chris Greyling. Greyling is een van die voorste afrigters in Suid-Afrika en het al talle SA-kampioene leer skaak speel en verder touwys gemaak in die verdere kunsies van die spel. Een van sy jongste studente Dirk Grobler is juis nou die nuwe SA onder 8 kampioen.

Continue reading

Skaak kan help met jou matriekuitslae

Die matriekuitslae is vandag uitgereik. Dit het selfs verbeter op die vorige jaar. Groot ophef word gemaak oor die top-presteerders. Die debat word gevoer rondom kwaliteit vs. kwantiteit van die uitslae.

Die SA-Junior skaakkampioenskappe in Port-Elizabeth

Oor ʼn week of twee sit die universiteite met die tameletjie dat daar te veel aansoekers is wat kwalifiseer met  universiteittoelating maar dat hul nie die mas opkom met die standaarde wat te hoog is op universiteit.

Continue reading