Is pizza sleg vir skaak?

Die afgelope naweek het my drie kinders Cari, Dirkho en Joshua aan die Piet Robbertse skaak-toernooi deelgeneem wat gehou is by die Afrikaanse Hoër Seunsskool in Pretoria. Die is een van die strafste toernooie op die plaaslike kalender. Daar is net ‘n A en B-afdeling. Dit strek oor ses rondtes met 90 minute aan ‘n kant oor drie dae. Net voor die 4de rondte Saterdagmiddag laat besluit die Dykema’s dit is tyd vir ʼn pizza of twee. Die naaste Romans word gesoek en elkeen se gunsteling pizza word bestel.

Met die terugry vra ek die drie kinders wat sê Chris Greyling se boek: Skuif na Prestasie oor pizza eet met skaak. Dadelik is daar ʼn stryery of die boek noem of jy pizza kan eet as jy ʼn skaak-toernooi speel of nie.

In Skuif na Prestasie staan die volgende onder voeding:

“Dit is baie belangrik vir brein funksie om genoeg proteïene, essensiële aminosure en essensiële vetsure in te neem. Die grootste probleem as dit by konsentrasie en voeding kom, is die opneem van teveel suiker.

Die aanbeveling om minder suiker in te neem is eintlik deel van ʼn groter prentjie. Suiker is ʼn speler in ʼn hele siklus.

Die hele siklus begin waarskynlik met spanning en verhoogde adrenaline (daarom die klem op spanning in die vorige twee afdelings), wat lei tot verlaagde membraan potensiaal en polariteit. Dit op sy beurt veroorsaak kos sensitiwiteite (gewoonlik melk, koring en mielies allergieë) en ʼn onderdrukte immuniteit stelsel. Dit lei tot infeksies veral asemhalingsiektes en oor infeksie. Herhaaldelike voorkoms van oor infeksie kan die vestibulêre stelsel beskadig wat lei tot ʼn verlaging in die brein se vermoë om te fokus.

Die volgende stap vind plaas wanneer bogenoemde infeksies met antibiotika behandel word. Dit meng in met die liggaam se immuniteit stelsel om gis infeksies te beperk. Die gis floreer en reproduseer op oortollige suikers in die liggaam. DIE SUIKER WORD VERSKAF DEUR ‘N DIEET RYK AAN SUIKER EN KOOLHIDRATE. Dit veroorsaak ʼn gis oorgroei. Gis gebruik die suiker as hoof voedsel en skei gifstowwe (ethanal en alkohol) af wat die immuniteitstelsel verder affekteer deur die beskikbaarheid van essensiële vetsure (Omega 3 en Omega 6) te verminder. Hierdie essensiële vetsure is nodig om allergieë en infeksies te beveg. Op hierdie stadium raak die liggaam oorsensitief en reageer op ander kosse en omgewings allergene. Die alkohol affekteer die voorste lobbe van die brein wat die aandag span verlaag.”

Omdat pizza nie op die naam genoem word op die naam besluit ek om Chris Greyling self te bel vir sy advies.

Volgens Greyling is: “Alle verfynde meel sleg vir konsentrasie. Dit sluit beslis pizza ook in”. Die ideaal volgens hom is ook dan om waar meel gebruik moet word dit vervang met geel-meel met die kiem nog in.

Die bevinding van hom stem ook ooreen met my Ma se siening wat op haar dag ʼn gekwalifiseerde dieetkundige was dat stysel is goed as jy energie nodig het maar dan werk dit negatief in op jou konsentrasie.

Vir die rekord. Joshua het in rondte 4 gewen en Cari en Dirkho het verloor. Dirkho het met die toernooi met 4 uit 6 geëindig en die ander twee het 3 uit 6 gekry. Sien volledige uitslae.

Volgende keer sal ons maar die pizza’s koop as al die skaak verby is.

Sien ook die foto’s van die toernooi.

One thought on “Is pizza sleg vir skaak?

  1. Skuif na prestasie :Op bld. 6 word gewaarsku teen pizza ( 2 pika 6) Die kors is vervynde wit meel en baie keer is daar vleis wat ‘n preserveer middel in het Tuis kan bruin meel gebruik word vir die kors en gevul word met gesonde voedsel. Chris

Lewer kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Spam protection by WP Captcha-Free